Karoo Karos is geleë in die prentjie mooi dorp, Ladismith. Hierdie pragtige Gregoriaanse huis bied twee ten volle toegeruste selfsorg eenhede (Cabernet en Witvy), met private ingang apart van die hoofhuis. Daar is ook ‘n aparte oornag eenheid aan die hoofhuis (Mont Blanc) wat toegerus is met yskas, mikrogolf en tee- en koffie fasiliteite. Alhoewel Mont Blanc aan die hoofhuis is, het hy sy eie, privaat ingang.
Al die eenhede is toegerus met lugversorging, TV en gratis Wifi. Daar is onderdak parkering beskikbaar en braaigeriewe vir elke eenheid. Wasgoed fasiliteite is op die perseel beskikbaar (reël asb vooraf hiervoor).
Ons glo dat ons gaste ‘n onvergeetlike kuier hier by ons gaan geniet!
Die nuwe Karoo Kraaltjie Deluxe is nou beskikbaar. Sjarme, romantiese, nostalgiek, uitsig, kalmte, hanekraai soggens, kerkklokke op Sondagoggend, spekboom-vars lug, en baie meer. Geen TV, net ‘n egte outydse draadloos, so beurtkrag pla nie. Braaiplek en ‘n regte vuurput. Selfsorg uit die boonste rakke.
Mont Blank is ‘n oopplan eenheid waar 3 persone kan slaap (3 x enkelbeddens). Twee beddens kan dien as dubbelbed, indien verkies. Daar is ‘n pragtige badkamer met stort, wasbak en toilet. Hierdie eenheid is ‘n oornag-eenheid met lugversorging, TV en Wifi. Mont Blanc beskik nie oor ‘n vol toegeruste kombuis nie. Daar is wel ‘n yskas, mikrogolf, tee- en koffie fasiliteite en ketel. Met sy eie privaat stoep is dit die ideale eenheid om tot laat in die aand te sit en kuier of bedags uit te kyk oor die Swartberge. Daar is ook ‘n ekstra area vir braai met tafel en stoele in die tuin.
Hierdie selfsorg eenheid bied 1 x ensuit kamer met ‘n koningin grootte bed asook ‘n enkelbed. Die leefarea bied nog ‘n enkelbed en ook ‘n slaapbank. Daar is ‘n TV en gratis Wifi. Beide vertrekke het lugversorging. Die kombuis is ten volle toegerus met breekware, eetgerei, potte en panne, mikrogolf, oond en stoof, yskas, braaipan en ketel. Witvy het ook ‘n pragtige, private stoep met ‘n klein koolstofie vir die laat-aand kuiers. Braai fasiliteite is ook beskikbaar.
Hierdie selfsorg eenheid bied slaapplek vir drie persone (3 x enkelbeddens). Twee beddens kan dien as dubbelbed, indien verkies. Cabernet is toegrus met lugversorging, TV en Wifi. Die kombuis is ten volle toegerus met breekware, eetgerei, potte en panne, mikrogolf, oond en stoof, yskas, braaipan en ketel. Die badkamer het ‘n stort, wasbak en toilet. Cabernet het sy eie, privaat stoep met ‘n asemrowende uitsig op die Swartberge. Hier kan heerlike gekuier word tot laat in die aand. Braai fasiliteite is ook beskikbaar.